media

Welkom by

Is jy ’n skrywer of digter?

Kersligmedia is ’n fasiliteringsdiens wat daarop toegespits is om skrywers en digters by te staan met die professionele publikasie van hulle eie werk.

Waarom

Hoofstroomuitgewers gee tans skaars 6% van alle voorgelegde manuskripte uit en daarom is daar ’n al groter neiging na selfpublikasie.

Selfpublikasie het egter eindelose slaggate wat ’n skrywer sommer met die intrapslag kan kelder en finansieel ’n groot knou kan gee.  Kersligmedia is gestig met kundigheid en ervaring wat in die uitgewersbedryf opgedoen is. Daardie kundigheid is kardinaal om te verseker dat ’n skrywer se werk so professioneel as moontlik verskyn.

“Every secret of a writer’s soul,
every experience of his life, every quality of his mind, is written large in his works.”

– Virginia Woolf

Ons Dienste

Beoordeling van ’n manuskrip

Kersligmedia beoordeel elke manuskrip met ontvangs om te bepaal of dit geskik is om gepubliseer te word en indien nie, word daar riglyne aan die skrywer gegee om die manuskrip aan te pas. Hierdie aanvanklike beoordeling is gratis.  Voordat die skrywer enigsins iets betaal, weet hy reeds of die manuskrip moontlikhede het om gepubliseer te word. Kersligmedia kan selfs aan die skrywer voorstel om ’n manuskrip eers aan ’n hoofstroomuitgewer voor te lê indien die skryfwerk dit regverdig.

Dit is vir Kersligmedia belangrik om die skrywer by te staan om ’n boek te publiseer wat waardig is. By ons is daar geen sprake van “enigiets word uitgegee solank daar vir die diens betaal word nie”. ’n Boek wat deur Kersligmedia se proses gegaan het, moet die beste produk wees wat die skrywer kan lewer.

Ontwikkeling van diemanuskrip

Indien Kersligmedia van mening is dat ’n manuskrip na skaafwerk en aanpassings gepubliseer sal kan word, werk Kersligmedia saam met die skrywer of digter om die manuskrip te ontwikkel. Daar word vooraf ’n volledige kwotasie aan die skrywer voorsien wat die koste van elke stap behels.

Dit sluit manuskripontwikkeling, redigering, taalversorging, proeflees, uitleg, omslagontwerp en drukwerk in. Die skrywer bly deel van die hele proses om te verseker dat daar so getrou as moontlik aan sy of haar skryfwerk bly.

Redigering

Na die ontwikkeling van die manuskrip word dit weer saam met die skrywer deurgewerk. Tydens redigering word daar gekyk na belangrike elemente soos byvoorbeeld: geloofwaardigheid, korrekte feite, dialoog, spanningslyn, tydlyne, karakters, balans tussen wys en vertel en talle ander aspekte. In die geval van digbundels word daar weer gekyk na kwessies soos rym, metrum en talle ander poësie-elemente.

Taalversorging en proeflees

Kersligmedia gebruik die dienste van taalversorgers en proeflesers wat ervaring het in die versorging van boektekste en gedigte. Deeglike versorging van ’n manuskrip is uiters belangrik voordat dit na die uitlegkunstenaar gaan.

Tipografie (uitleg)

Ervare uitlegkunstenaars word gebruik om die manuskrip uit te lê waarna dit weer na die proefleser teruggaan om te verseker dat foute nie ingesluip het of ongemerk verbygegaan het nie.

Die skrywer kry geleentheid om ’n voorbeeld van die tipografie t.o.v. formaat, lettertipe en bladsy-indeling goed te keur voordat die finale uitleg gedoen word.

Omslagontwerp

Kersligmedia het ’n uiters kreatiewe en kundige span wat in die ontwerp van omslae spesialiseer. Die skrywer kry deurentyd geleentheid om konsep-ontwerpe te sien en insette te lewer.

ISBN-registrasie

Kersligmedia hanteer die aansoek van die ISBN-nommer voordat die uitleg en omslagontwerp afgehandel is, aangesien dit in die boek en op die agterblad aangebring moet word. Die aansoek om ISBN-registrasie is gratis. Die enigste vereiste is dat ’n eksemplaar van die gepubliseerde boek deur die skrywer op eie koste aan die nasionale biblioteekdiens gestuur moet word vir bewaring en vir rekorddoeleindes.

Professionele drukwerk en aflewering

Kersligmedia gebruik gerekende drukkers wat ook deur hoofstroom uitgewers gebruik word om professionele drukwerk te verseker sodat die kwaliteit van ‘n skrywer se boek dieselfde is as dié van enige hoofstroom-uitgewer. Daar word van drie verskillende drukkers kwotasies ingewin om te verseker dat die skrywer die beste waarde vir sy geld ontvang. ’n Proefkopie word eers gedruk en deur Kersligmedia sowel as die skrywer goedgekeur voordat die finale oplaag gedruk word.

Kersligmedia reël die aflewering van die oplaag by die skrywer se deur. Kersligmedia sal die skrywer ook raad gee m.b.t. boekbekendstellings en idees vir bemarking.

Ontwikkeling van webtuistes ensosiale media

Bemarking van ’n skrywer se boeke is ‘n belangrike deel van die hele proses en daar is dikwels ’n behoefte by skrywers om hulle eie webtuistes te kry en ook om ’n professionele teenwoordigheid op sosiale media te handhaaf. Kersligmedia bied ook hierdie dienste aan deur kundiges op die gebied.

kersl

Ons Dienste

Beoordeling van ’n manuskrip

Kersligmedia beoordeel elke manuskrip met ontvangs om te bepaal of dit geskik is om gepubliseer te word en indien nie, word daar riglyne aan die skrywer gegee om die manuskrip aan te pas. Hierdie aanvanklike beoordeling is gratis.  Voordat die skrywer enigsins iets betaal. weet hy reeds of die manuskrip moontlikhede het om gepubliseer te word. Kersligmedia kan selfs aan die skrywer voorstel om ’n manuskrip eers aan ’n hoofstroomuitgewer voor te lê indien die skryfwerk dit regverdig.

Dit is vir Kersligmedia belangrik om die skrywer by te staan om ’n boek te publiseer wat waardig is. By ons is daar geen sprake van “enigiets word uitgegee solank daar vir die diens betaal word nie”. ’n Boek wat deur Kersligmedia se proses gegaan het, moet die beste produk wees wat die skrywer kan lewer.

Ontwikkeling van diemanuskrip

Indien Kersligmedia van mening is dat ’n manuskrip na skaafwerk en aanpassings gepubliseer sal kan word, werk Kersligmedia saam met die skrywer of digter om die manuskrip te ontwikkel. Daar word vooraf ’n volledige kwotasie aan die skrywer voorsien wat die koste van elke stap behels.

Dit sluit manuskripontwikkeling, redigering, taalversorging, proeflees, uitleg, omslagontwerp en drukwerk in. Die skrywer bly deel van die hele proses om te verseker dat daar so getrou as moontlik aan sy of haar skryfwerk bly.

Redigering

Na die ontwikkeling van die manuskrip word dit weer saam met die skrywer deurgewerk. Tydens redigering word daar gekyk na belangrike elemente soos byvoorbeeld: geloofwaardigheid, korrekte feite, dialoog, spanningslyn, tydlyne, karakters, balans tussen wys en vertel en talle ander aspekte. In die geval van digbundels word daar weer gekyk na kwessies soos rym, metrum en talle ander poësie-elemente.

Taalversorging en proeflees

Kersligmedia gebruik die dienste van taalversorgers en proeflesers wat ervaring het in die versorging van boektekste en gedigte. Deeglike versorging van ’n manuskrip is uiters belangrik voordat dit na die uitlegkunstenaar gaan.

Tipografie (uitleg)

Ervare uitlegkunstenaars word gebruik om die manuskrip uit te lê waarna dit weer na die proefleser teruggaan om te verseker dat foute nie ingesluip het of ongemerk verbygegaan het nie.

Die skrywer kry geleentheid om ’n voorbeeld van die tipografie t.o.v. formaat, lettertipe en bladsy-indeling goed te keur voordat die finale uitleg gedoen word.

Omslagontwerp

Kersligmedia het ’n uiters kreatiewe en kundige span wat in die ontwerp van omslae spesialiseer. Die skrywer kry deurentyd geleentheid om konsep-ontwerpe te sien en insette te lewer.

ISBN-registrasie

Kersligmedia hanteer die aansoek van die ISBN-nommer voordat die uitleg en omslagontwerp afgehandel is, aangesien dit in die boek en op die agterblad aangebring moet word. Die aansoek om ISBN-registrasie is gratis. Die enigste vereiste is dat ’n eksemplaar van die gepubliseerde boek deur die skrywer op eie koste aan die nasionale biblioteekdiens gestuur moet word vir bewaring en vir rekorddoeleindes.

Professionele drukwerk en aflewering

Kersligmedia gebruik gerekende drukkers wat ook deur hoofstroom uitgewers gebruik word om professionele drukwerk te verseker sodat die kwaliteit van ’n skrywer se boek dieselfde is as dié van enige hoofstroom-uitgewer. Daar word van drie verskillende drukkers kwotasies ingewin om te verseker dat die skrywer die beste waarde vir sy geld ontvang. ’n Proefkopie word eers gedruk en deur Kersligmedia sowel as die skrywer goedgekeur voordat die finale oplaag gedruk word.

Kersligmedia reël die aflewering van die oplaag by die skrywer se deur. Kersligmedia sal die skrywer ook raad gee m.b.t. boekbekendstellings en idees vir bemarking.

Ontwikkeling van webtuistes ensosiale media

Bemarking van ’n skrywer se boeke is ‘n belangrike deel van die hele proses en daar is dikwels ’n behoefte by skrywers om hulle eie webtuistes te kry en ook om ’n professionele teenwoordigheid op sosiale media te handhaaf. Kersligmedia bied ook hierdie dienste aan deur kundiges op die gebied.

kersl

Skrywersontwikkeling deur skryfsessies en aanbiedings 

Die ontwikkeling en motivering van skrywers en digters is vir Kersligmedia uiters belangrik. Die stigter van Kersligmedia, Hannes Visser, was vir meer as drie jaar ’n uitgewer en het ’n omvattende skryfkursus ontwikkel. Die afgelope aantal jare het hy verskeie skryfkursusse en werksessies op sy eie en in samewerking met ander skrywers aangebied. Die sessies wat hy tans as deel van Kersligmedia ontwikkel en aanbied, fokus nie slegs op skryfvaardighede nie, maar veral op die hele konsep van stories en die stemme wat hulle vertel.

Kwessies wat hanteer word is onder andere: Wat is die skrywer se eie storie? Hoe klink die skrywer se stem? Waar kom stories vandaan en waarom is dit belangrik om hulle te deel?  Wat maak ’n storie relevant en interessant? Hoe deel die skrywer sy stories met die leser?

Hannes het reeds verskeie pryse vir sy kortverhale sowel as gedigte gewen en buiten sy eie publikasies, is van sy skryfwerk ook in verskeie saamgestelde publikasies opgeneem. Benewens skrywer en digter is hy ’n joernalis, geakkrediteerde lewensafgrigter en motiveringspreker. Hy gebruik hierdie ervaring om sy aanbieding van skrywers- en digterssessies toe te lig.

Kersligmedia-projekte

Ons Projekte

“Writing is easy. All you have to do is sit down at a typewriter and bleed.”

– Ernest Hemingway

kontak

Gereed om te begin?

Maak asseblief met ons kontak dat ons aan die werk kan spring!

083 467 1522
info@kersligmedia.co.za

Stuur vir ons ’n boodskap

Skakel ons

083 467 1522

Stuur ‘n epos

info@kersligmedia.co.za

Kopiereg 2025 Kersligmedia | Privaatheidsbeleid | Webwerf geskep deur creativepartner.agency